We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Hoe's dit dan nou?

from Susanna my Geliefde by Annari Breed

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      £1 GBP  or more

     

lyrics

Hoe’s dit dan nou, hoe’s dit jy wat ek onthou?
Ek sien ‘n vreemdeling oë, oë of mond soos jy en soos al daai kere, voor jou deur,
Raak ek weer vuur en water.
En in my droom is jou arms wyd, wag jy vir my
My hart gaan staan, my oë gaan toe.
Als is weer oukei

Daai text wat ek gestuur het, het nooit by jou uitgekom.
En jy was bereid om op daai vliegtuig te klim, wat jou terug sou bring.
Terug na my

Maar die man laat sak sy koerant, ja, die bubble bars
Hierdie ruimtevaarder val aarde toe.
En ek is weer terug op ‘n moltrein, ‘n honnertduisend myl van jou.

Dit maak nie saak nie, dat my kop jou laat staan het.
Ek hoor ‘n vreemdeling lag, lag of praat soos jy en al die harde werk gly soos mis, verdwyn soos niks voor die son verby.
En ek is weer terug in daai restaurant, sit jy voor my
Jou kop agteroor, my maag aan’t draai, want jy’s te mooi

Lyk my sal my siel verpand om in die droom te bly.
Bind vas my pols aan ‘n weerballon en ek skiet op verby die melkweg.
Ek’s eindelik weer by jou.

Hoe’s dit dan nou, hoe’s dit jy wat ek onthou?
Ek sien ‘n vreemdeling oë, oë of mond soos jy en soos al daai kere voor jou deur
Raak ek weer vuur en water,
En in my droom maak ons geen foute, doen ons dit reg
Die son gaan slaap nie op ons fights nie, die keer is ons nice.

Ini landskap wat voor ons lê is daar geen koeie ini sloot nie.
Die boek van ons saamwees nog netjies in plastiek
Om nuut oop te maak
Voor te begin

credits

from Susanna my Geliefde, released October 9, 2015
Cello, Susan Mouton
Double Bass, Werner Spies
Percussion, Johan Nothnagel

license

all rights reserved

tags

about

Annari Breed Bishop'S Castle, UK

contact / help

Contact Annari Breed

Streaming and
Download help

Report this track or account

If you like Annari Breed, you may also like: